Individual Details

Joost Pieterse van Dijk

(Ca 1663 - 1 Feb 1718)

Opgedateer op 2015.11.02. 'n Jaar na my oorspronklike (en fout-gevulde) plasing, kan ek 'n opgedateerde weergawe van Joost van Dijk se lewe aan die Kaap plaas. Daar is nog 'n aantal vrae wat ek hoop om in die toekoms te kan beantwoord, maar vir eers bied onderstaande 'n goeie blik op die wel en wee van ons stamvader.

Dit kan nog nie met sekerheid gesê word waar die twee van Dyk-stamvaders, Joost en sy broer Burgert, vandaan kom nie. (Sien ook Herkoms van Joost en Burgert van Dijk.) In dokumente uit die tyd word daar verwys na onder meer Isberg, Isenberg, Ysenberg en Eijsenberg. Die Wes-Vlaamse dorpie Izenberge (toe Ysenberge) word oor die algemeen aanvaar as hul plek van herkoms, maar die twee broers se dooprekords kom nie voor in die parogieregisters van hierdie dorpie nie. Dit is natuurlik moontlik dat hulle daar gewoon het, alhoewel hulle nie daar gebore is nie, maar daar is talle ander soortgelyk genaamde dorpies in Europa - van Isberg tot Eisenberg - wat net sowel hul plek van oorsprong kon wees. Die van "van Isberg/Isenberg", asook variante van die naam "Joost" en "Burgert" kom selfs ook in Noordiese lande voor.

Wat wel seker is, is dat Joost Pietersz. ('n patroniem, wat daarop dui dat sy pa waarskynlik Pieter/Peter geheethet), saam met sy broer Burgert in 1686 as soldate by die V.O.C. aangesluit het.[1] Joost en Burgert het lank slegs "Pietersz." as van gebruik - die van "van Dijk" het eers baie jare later sy verskyning gemaak.

Jan en Alleman kon by die V.O.C. aangesluit het, as hy maar gesond gelyk het. Armoediges en reislustiges uit die hele Europa het na Nederland gestroom om by die V.O.C. as soldaat aan te sluit. In sy boek, The Afrikaners, noem Hermann Giliomee dat soldate van die V.O.C. só sleg betaal is, dat dit werklik as 'n laaste uitweg gesien is vir mense wat geen alternatief gehad het nie.[2]

Op bepaalde dae van die jaar kon hierdie wanhopiges hulself meld by die V.O.C. se kantore om te registreer. Hul persoonlike besittings het hulle dan in 'n skeepskis geplaas en na die kantoor gebring, waarna hulle gewag het om te vertrek.[3] Alhoewel ons geen geboortedatum vir Joost en Burgert het nie, is dit wel bekend dat die gemiddelde ouderdom van soldate wat by die V.O.C. aangesluit het, 24 jaar was. Die jongste soldate was ongeveer 18en die oudste sowat 40 jaar oud.[4] Daarom hou ek 'n geskatte geboortedatum van ongeveer 1663 aan vir Joost.

Op Vrydag, 24 Mei 1686, het Joos en Burgert met die skip Huis te Zilverstein vanaf die eiland Texel (Noord-Holland), na die Kaap gereis.[1][5] Die Huis te Zilverstein was 'n "spiegelretourschip", wat reeds sedert 1674 deur die V.O.C. in gebruik was. Hul kaptein was Karsten de Gilde en daar was 96 soldate aanboord, saam met 138 ander passasiers.[5][6] Die skip was ongeveer 44m lank en sowat 10,5m breed, met plek aan boord vir tot 300 mense.

Events

BirthCa 1663Welke Isberg nog nie duidelik nie., Moontlik Isberg
VOC uitreis24 May 1686met die skip Huis te Zilversteijn, Texel, Netherlands
Aankoms aan die Kaap24 Sep 1686Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Vryburger28 Dec 1690
Residence1691Kaapse distrik, Suid-Afrika
Occupation3 Apr 1691Aangestel as houtkapper deur die Politieke Raad
Census1692Sien nota vir gelysde eiendom, Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika
OccupationFrom 1693 to 1694Vrytimmerman
Custom event1 Feb 1694 - 4 Dec 1694Kneg in diens: Jochem Grim - Hout Bay, Cape Town, South Africa
OccupationFrom 31 May 1695 to 31 May 1696Baashoutkapper
Marriage4 Mar 1696Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika - Catharina Verburgh
OccupationFrom 1697 to 1702Vryhoutkapper
Christen-shared19 Apr 1699(Hendrik van Dyk a1b2) Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Census1700Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Witness18 Dec 1701Doop van Pieter Kuijs - Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Census1709Sien nota vir gelysde eiendom, Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Court appearance13 Nov 1716Joost versoek dat Helena in die hospitaal opgeneem word, omdat sy kranksinnig is. - Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Occupation1717Landbouer
Will28 Jan 1718Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Death1 Feb 1718In sy huis in Tafelvallei, Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Alt nameJoost Pietersz

Families

SpouseHelena Siewerts (1690 - 1727)
ChildSybrand van Dyk a1b5 (1706 - 1801)
ChildAndries van Dyk (1714 - )
ChildJoost van Dyk (1716 - )
ChildSophia van Dyk (1718 - 1727)
SpouseCatharina Verburgh (1675 - 1699)
ChildBurgert van Dyk a1b1 (1697 - 1761)
ChildHendrik van Dyk a1b2 (1699 - 1734)
SpouseElizabeth van Wyk (1680 - 1720)
ChildWillem van Dyk a1b3 (1701 - )
ChildJohannes van Dyk a1b4 (1705 - 1705)
FatherPieter Onbekend (1649 - )
MotherMoeder Onbekend ( - )
SiblingBurgert Pietersz van Dijk (1667 - 1720)

Notes

Endnotes