Individual Details
Burgert Pietersz van Dijk
(Abt 1667 - 9 Jul 1720)
Events
Families
Spouse | Anna Greeff (1685 - 1711) |
Child | Susanna van Dyk (1702 - ) |
Child | Matthijs van Dyk (1704 - 1768) |
Child | Adam van Dyk b2 (1706 - 1737) |
Child | Burger van Dyk (1709 - 1768) |
Child | Tobias van Dyk (1711 - ) |
Spouse | Helena du Toit (1695 - 1779) |
Spouse | Maria Matthysen Eli (1660 - ) |
Child | Maria Pieterse van Dyk (1694 - ) |
Father | Pieter Onbekend (1649 - ) |
Mother | Moeder Onbekend ( - ) |
Sibling | Joost Pieterse van Dijk (1663 - 1718) |
Notes
Census-shared
Die broers Joost en Burgert het in 1692 saam in die Opgavenrollen (van boeren effecten) verskyn.In hulle besit was:
2 knegte
2 perde
2 gewere
4 snaphane
2 pistole
(sien bron vir volledige dokument)
Christen-shared
AdrianusSoon van Mattijs Greev, d'Moeder Susanna
Klaasz, getuijgen Borger Pieterse van
Dijk, en Anna Greeff, den 21 Maij 1702
Marriage
Hul gesamentlike testament is op hierdie dag opgestel.Will
Op 11 Junie 1720 het Burgert en Helena hulle gesamentlike testament opgestel in Kaapstad.Die testament lys as hul erfgename Burgert se kinders by Anna Greef: Susanna, Adam, Burgert en Tobias, asook enige ander kinders wat na die opstelling van die testament nog verwek mog word, wat nooit gebeur het nie.
Dit verwys ook na Helena se ouers, Francois du Toit en Susanna Seugnet en, sover ek kan verstaan, verklaar die testament dat Burgert enige iets wat Helena toekom aan haar ouers sal uitkeer.
Burgert verklaar ook dat, as hy eerste sal sterf, Helena twee "goeie, bekwame" mans moet kies om as voogde vir sy onmondige kinders te sorg. Die logiese verklaring hiervoor is dat Helena self nog nie heeltemal mondig was nie. Mondigheid is met 25 bereik en Helena sou later daardie jaar 25 geword het - wat kan verduidelik waarom Burgert kort voor sy dood die testament tot niet verklaar het.
Dit strook egter nie heeltemal met die feite nie. Helena is in Mei 1695 gedoop. As bostaande waar is, sou dit beteken dat
a) Helena na 6 Maart 1695 gebore is, en
b) dat Burgert geglo het dat daar 'n reële kans is dat hy vóór haar 25ste verjaardag sal sterf (dus binne die volgende twee maande).
a) Dit is nie onwaarskynlik dat Helena so vinnig ná haar geboorte gedoop is nie. Die tydperk tussen haar geboorte en doop sal afhang van hoe ver haar ouers van die kerk af gewoon het en hoe vinnig kinders oor die algemeen ná hul geboorte gedoop is. Ek kan my voorstel dat die Hugenote bietjie vinniger hiermee was (bloot spekulasie), veral so vroeg in die Kolonie se bestaan. (Anders as later, waar kinders tot 2-4 jaar na hulle geboorte gedoop is.)
b) In die testament word Burgert en Helena beide beskryf as "gesond van Lichaem, Gaende en Staende, haar verstand reedenen en memorie ten volle gebruijkende". Dit wil dus blyk asof Burgert nie siek was nie - so waarom sou hy gedink het dat hy binnekort sou sterf?
As hy nie so gedink het nie, waarom dan die vereiste rakende die twee manlike voogde, net om dit te herroep later die jaar? Wat kon anders in hierdie tydperk gebeur het? Of wat kan anders in die testament wees wat hy nie wou laat geskied nie?
Death
Aldus die skeepsoldyboek is Burgert op:1720 9 Julij als vrijman aende Caep sonder testament
te maeken, vrouw en kinderen van lastende, overleden.
Maar, hy het wel deeglik 'n testament opgestel, op 11 Jun 1720 (CJ 2651). Die dokument is egter nooit geliasseer/gekopieer na die MOOC-reeks soos alle ander testamente nie. Waarom nie?
En wat van die datum? Aldus Burgert se testament, het hy persoonlik op 3 Desember 1720 voor Hendrik Swellengrebel verskyn om die testament te wysig. Waarskynlik in lewende lywe, wat vraagtekens werp op die datum genoem in die skeepsoldyboek.
Die addendum is moeilik te verstaan en, indien dit 'n omstrede wysiging is, kan dit die raaisel help oplos.
Death
Burgert (?) het op 3 Des. nog 'n wysiging aan sy testament gebring. Dus was hy vermoedelik nog in lewe.Dit is opmerklik dat sy handtekening uiters - uiters - bewerig was op hierdie dag.
Die tweede datum, die 11de, is wanneer die eerste deel van sy boedel geïnventariseer is.
Endnotes
1. Opgaafrollen: Kaap, Stellenbosch en Drakenstein, https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSJG-PSDL-P?i=336&cat=17063.
2. Familysearch.org, https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-6LWP-L5?i=32&cc=1478678.
3. M.A.P. Meilink-Roelofsz, R. Raben, H. Spijkerman, "Nationaal Archief: V.O.C.," database, Ga het na - in het Nationaal Archief (www.gahetna.nl : accessed ), 1.04.02 Inventarisnr 5342 folio 223.