Individual Details
Willem "Meester" Poen
(21 Nov 1811 - 17 Oct 1897)
Events
Families
Spouse | Hendrina Elsabe Spies (1824 - 1890) |
Child | Dirkje Wilhelmina Poen (1857 - 1946) |
Child | Susanna Maria Elizabeth Poen (1867 - 1889) |
Child | Hendrina Elsabe Poen (1855 - 1935) |
Father | Hendrik Poen (1785 - 1846) |
Mother | Dirkje Kempen (1785 - 1838) |
Sibling | Hendrik Poen (1814 - 1883) |
Sibling | Klaas Poen (1816 - 1816) |
Sibling | Johanna Hendrika Poen (1819 - ) |
Sibling | Klaas Poen (1820 - 1855) |
Sibling | Dirk Poen (1822 - 1849) |
Sibling | Jan Poen (1825 - 1910) |
Sibling | Hendrikje Poen (1831 - ) |
Notes
Christen
Getuie: Hendrikje ZielCustom event
Opvoeding in die vroeë dae van die Transvaal was meestal die werk van enige persoon wat 'n bietjie kon skryf en nie geskik was vir harde arbeid nie. Maar soos die tyd verbygegaan het, het daar 'n groot behoefte ontstaan aan opgeleide onderwysers. Daarom het die Nederlandse Gereformeerde Kerk, wat deels verantwoordelik gevoel het vir die sprituele welvaart van die Trekkers, die eerste drie onderwysers uit Nederland na die Transvaal gestuur.Alhoewel die Nederlandse Regering bevriend was met die Engelse regering en geen moeite gedoen het om die Trekkers te help nie, was die Nederlandse bevolking egter wel baie simpatiek teenoor (wat hulle beskou het as) byna landsgenote. Jean Arnoud Smellenkamp, 'n kantoorbediende in Amsterdam (by die firma De Vos en Zoon) het 'n besondere aandeel geneem in die Nederlands-Afrikaanse saak en veral die onderwys. Hy was meerdere kere al in Suid-Afrika op handelsekspedisies gewees en het in rond 1850 in Nederland mense probeer oorhael om 'n handelsekspedisie na Suid-Afrika te stuur, met ook 'n predikant, skoolmeesters en "eene massa ... benodigde goederen". Hy het die steun gehad van ene Prof. Ulrich Lauts - ook 'n bekende voorstander van die "emigrante " in Suid-Afrika se welsyn. Lauts het in 1850 daarin geslaag het om 'n Maatskappy te vorm met 'n aantal ander Nederlanders wat gepoog het om die situasie van die emigrante te verbeter.
Hierdie maatskappy het eers probeer om 'n skip te huur, maar moes uiteindelik ene koop. Die Vasco de Gama is bevrag met handelsware vir die emigrante, 'n predikant en drie onderwysers. Hulle is deur Prof. Lauts gekies en was Hendrik van der Linden, wat uiteindelik na Potchefstroom (Mooirivier) gestuur is, Jan Willem Spruyt, na Rustenburg en Willem Poen, wat in Lydenburg opgeëindig het.
Waar Van der Linden en Spruyt deur die maatskappy uitgestuur is, het Willem Poen op rekening van die 'n kommissie wat bestaan het uit Prof. Rooyens van Amsterdam, die leeraars W. Broers, J.J. van Voorst en J.B.H. Bruinier, predikante van die Hervormde Gemeente van Amsterdam en Jacob Swart, dosent en eksaminator aan die seevaartskool in Amsterdam, wat hom reeds meer as 'n dekade beywer het om Nederlanders bewus te maak van die welvaart en lot van hul "trekkende stamgenote". Hierdie kommisie het reeds in die verlede geld ingesamel om 'n predikant, onderwyser en die nodige boeke na Natal te stuur.
Die Vasco de Gama het in die begin van Desember 1850 uit Texel, Nederland geseil en, as gevolg van teenwinde, eers op 1 Maart 1851 in Lissabon in Portugal aangekom, waarvandaan hulle verder na Suid-Afrika sou reis.
Waar Van der Linden en Spruyt nog jongmans was (26 en 25 jaar oud), was Poen reeds 39 en ernstiger van aard. Omdat daar verwag was dat hul lesse ook 'n godsdienstige aard sou hê, het Poen tydens die reis sy Bybel bestudeer en preke voorberei.
(Omdat meeste Trekkers vir dekades lank die Bybel as enigste bron van inligting gehad het, is dit waaruit hulle leer lees het en enige opvoeding wat gedoen is, is daaruit gehaal. Daarom was dit vir hulle vanselfsprekend dat enige skool se opvoeding 'n godsdienstige opvoeding moet wees.)
Die drie onderwysers het nie goed oor die weg gekom nie: aanvanklik omdat Poen deur die komissie gestuur en betaal is, , terwyl Spruyt en Van der Linde die koste van hul reis terug moes betaal. Later het Spruyt Poen beskryf as "pedant en een halve gek ieder steekt de spot met hem".
Custom event
Ek haal aan uit SIW Roos se verhandeling (sien bronne): "Uit Smellenkamp se vorige briewe het die Volksraad afgelei dat hy vroeg in die winter in Delagoabaai sou wees. Voorbereiding is getref om die pad daarheen in orde te bring en op 15 Mei het 'n kommissie bestaande uit 29 man en 11 waens na die baai vertrek om die koms van die skip af te wag. Dit was egter 'n droewige mislukking, want 'n onverwagte siekte het die trekosse getref met die gevolg dat 100 daarvan dood is.Nadat hulle weke lank tevergeefs gewag het, het die komissie op 25 Julie moedeloos teruggedraai.
Op 29 Julie 1851 het die Vasco de Gama egter in Delagoabaai aangekom en het die eerste werklike onderwysers voet aan wal gesit. Hulle was haastig om hulle "emigranten broederen " te ontmoet. Drie boere het opgedaag met 'n berig dat daar 'n kommissie aankom waarby ook die heer Bührman, om die onderwysers te haal.
Na drie dae het die drie burgers, vergesel van die drie meesters, vertrek. Aan die Lembomo-berge moes hulle egter twee weke wag voor die kommissie opgedaag het. "Schoten vielen menigvuldiglik, " en die ontmoeting was treffend.
Die tog na Lydenburg, waar die drie meesters voorlopig sou bly, is dadelik aanvaar."
Occupation
Al drie die onderwysers het aanvanklik in Lydenburg gewoon. Alhoewel Poen nie deur Van der Linde geliefd was nie, het hy wel aanklank gevind by die Lydenburgse kerkraad die meeste van hom gehou - hy was baie kalmer en bedaarder en in staat om te preek.'n Ouderling het hom by sy aankoms langs verskillende huisgesinne geneem om hom voor te stel en op baie plekke is "hom versoek om 'n woord tot stigting te spreek"(Lugtenburg: 1925).
Na 'n ooreenkoms met die Lydenburgse kerkraad het Willem Poen begin met die eerste skool oorkant die Vaalrivier wat van blywende aard sou wees.
Omdat hy ook die godsdiensoefening waargeneem het, het hy elke drie maande die meer afgeleë plase in die Lydenburg-distrik besoek.
Occupation
Meester Poen se salaris was aanvanklik met die skoolgeld betaal, maar die dorp was klein en daar was nie baie kinders nie. Ook het kinders vinnig "volleerd" geraak, wat beteken dat sy salaris gekrim het. Burgers het hom egter ook dikwels met eetware en dergelike voorsien.Alhoewel die Lydenburgse Volksraad (Art 16, 1853) besluit het dat "De Volksraad is ook verplicht een opzicht te houden over de scholen", was Poen se skool 'n privaatinstelling. In 1857 het die Kerkraad wel besluit om die help om sy salaris te betaal. Dit was onder meer te danke aan Dominee van der Hoff wat Lydenburg in 1854 besoek het, om onder meer die onderwys te herorganiseer. Hy het die Kerkraad oortuig om Poen 'n salaris van Rds. 800 te waarborg (alhoewel dit nie duidelik is waarom hulle eers in 1857 begin het om dit te help betaal nie).
Die volgende is uit Lugtenburg se Geskiedenis van die Onderwys (1925).
Sitting in Lydenburg, 15 Juli, 1857.
,,Art. 13. Voorgekomen een memorie der Eerw. Kerkeraad met het verzoek om eene ondersteuning voor het salaris van den meester Poen, en zoo heeft den Edelen Raad besloten dit verzoek toe te staan teneinde de opvoeding en het onderwys te bevorderen."
Hierdie ondersteuning het die skool vir nog een jaar aan die gang gehou,
maar toe het die kerkraad geweier om verder vir die onderwys te sorg. Struwelings het ook hier die goeie werk ondermyn.
Uitv. Raadsitting, 20 Okt. 1858.
,,Art. 1 2. In behandeling genomen een kennisgeving en verzoekschrift van den kerkeraad alhier in dato 13 Sept. meldende de ontvangst van het bewys voor het tekortkomend salaris van meester Poen, en verder kennisgevende dat zy zich van verder bemoeiing over de school onttrokken hebben en de school als een private onderneming aan Mr. Poen overgelaten hebben. - En verder dat zy ZEd. als godsdienstonderwyser en oefeninghouder toegekend hebben £ 22.10 's jaars, mitsgaders de gewone bydragen in koren en mielies,
en verzoeken dat omrede de diensten door Mr. Poen aan de Maatschappy door het houden van godsdienstoefeningen bewezen onbetwistbaar goed zyn, dat bet de Volksraad behagen mochte om de helft van het tekortkomend salaris na aftrek der vrywillige intekenings inkomsten na het einde van het jaar wel te willen betalen. Besloten dit te doen tot er een vaste leeraar komt."
Die skool in Lydenburg het sy besondere karakter steeds behou; nooit staatskool van die begin af nie, was hy nou selfs onder die kontrole (vrywillig en nie deur die V. R. opgedra nie) van die kerkraad uit, en geheel 'n private onderneming. Omstreeks dieselfde tyd het Ds. A. P. C. van Heyningen in Lydenburg aangekom.
Poen, wat 'n hele paar jaar op godsdienstige gebied die baas was in die Lydenburgse het nie goed saamgewerk met en onder Ds. van Heyningen nie. Ons hoor dan ook nie dat laasgenoemde hom die Lydenburgse onderwyssake ook maar vir die minste aangetrek het nie; wel was by van die begin af baie geinteresseer in die Potchefstroomse beweginge op onderwysgebied. Die Lydenburgse kerkraad onder Ds. van Heyningen as voorsitter het bly weier om met die onderwys te help.
Die kerkraad bet op 6 Nov. '59 die Goewerment om 'n bydrae van £ 15 of £ 10 per jaar versoek teneinde ,,eene bekwame voorsanger voor deze gemeente te laten uitkomen, doordien de kerkeraad verpligt is geworden de Heer W. Poen te bedanken als zynde onbekwaam om deze post langer te bekleden." Die Uitv. Raad wis egter dat daar al 'n ander voorsinger was - m.a.w. dat die kerkraad hulle 'n onwaarheid wou wysmaak - dus het hulle geantwoord dat dit nie gewoonte was om voorsingers van Goewermentswee te salarieer nie. Toe moes die kerkraad, of liewer Ds. v. H. wel die waarheid vertel en uit sy brief dd. 11 Febr. 1860 blyk ,,dat de Eerw. Kerkeraad zoozeer geen bedoeling heeft gehad, om 'n voorzanger, maar wel om een goede schoolonderwyzer te laten komen, en dat de tegenwoordige Schoolonderwyzer Poen, door HEw. als onvermogend geacht wordt, om behoorlyk het onderwys der jeugd te behartigen."
Nou het die Raad besluit om die saak wel te steun en £15 is toegeken ,,ten behoeve der twede Dorpsonderwyzer."
Nou wou die kerkraad onder Ds. v. H. as voorzitter hom wel met die onderwys bemoei, maar Poen was nou offisieel -ook as onderwyser - verwerp. Vir nog byna 'n halwe eeu het Poen o.a. as katkiseermeester werksaam gewees.
Marriage
Vermoedelik is dit waar hulle ontmoet en getrou het, daar W. Poen na Lydenburg gestuur is om skool te hou.Endnotes
1. Persoonlike versameling, Digitale kopie van die Enkhuizen-dooprekords.
2. TAB, TAB MHG O/13608, Willem Poen; Nasionale Argief, Pretoria.
3. Persoonlike versameling, Digitale kopie van die Enkhuizen-dooprekords.
4. Salomon Ignatius Wilhelm Roos, "Geskiedenis van Opvoeding van Afrikaners in Suid-Afrika 1838-1858," (Verhandeling Potchefstroomse Universiteit vir Christerlike Hoër Onderwys, 1952), p56.
5. Salomon Ignatius Wilhelm Roos, "Geskiedenis van Opvoeding van Afrikaners in Suid-Afrika 1838-1858," (Verhandeling Potchefstroomse Universiteit vir Christerlike Hoër Onderwys, 1952), p56.
6. A.H. Lugtenburg M.A., Geskiedenis van die Onderwys in die Suidafrikaanse Republiek: Bydrae tot die kennis van onderwystoestand in die Transvaalse, 1836-1900 (Pretoria: J.L. van Schaik, 1925), .
7. Salomon Ignatius Wilhelm Roos, "Geskiedenis van Opvoeding van Afrikaners in Suid-Afrika 1838-1858," (Verhandeling Potchefstroomse Universiteit vir Christerlike Hoër Onderwys, 1952), p56.
8. Ernst G. Malberbe, Education in South Africa (1652-1922): A critical survey of the development of educational administration in the Cape, Natal, Transvaal and the Orange Free State (Cape Town, Johannesburg: Juta & Co., 1925), 226; pdf, The Internet Archive, archive.org (https://archive.org/details/educationinsouthOOegma : accessed .
9. A.H. Lugtenburg M.A., Geskiedenis van die Onderwys in die Suidafrikaanse Republiek: Bydrae tot die kennis van onderwystoestand in die Transvaalse, 1836-1900 (Pretoria: J.L. van Schaik, 1925), .
10. A.H. Lugtenburg M.A., Geskiedenis van die Onderwys in die Suidafrikaanse Republiek: Bydrae tot die kennis van onderwystoestand in die Transvaalse, 1836-1900 (Pretoria: J.L. van Schaik, 1925), .
11. Spies Grafsteen.
12. A.H. Lugtenburg M.A., Geskiedenis van die Onderwys in die Suidafrikaanse Republiek: Bydrae tot die kennis van onderwystoestand in die Transvaalse, 1836-1900 (Pretoria: J.L. van Schaik, 1925), .
13. Eggsa, Eggsa Gravestone Photograph Collection: http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=1909475.
14. TAB, TAB MHG O/13608, Willem Poen; Nasionale Argief, Pretoria.
15. Eggsa, Eggsa Gravestone Photograph Collection: http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=1909475.