Individual Details

Catharina van Wyk

(Bef 20 Jul 1710 - )

Sommige stambome koppel 'n kind Cornelis, vader ( "zoo gezegd ") Matthijs Gunter van Gerrolis [sp?] aan Catharina van Wijk. Cornelis is in Kaapstad gedoop op 10 Maart 1726. Catharina is in Stellenbosch in Junie 1726 met Hendrik Lubbe getroud.

Vir nou koppel ek die man en kind ook aan "my" Catharina. Ek het geen belowende kandidaat vir die vader gevind in die lys van V.O.C.-opvarendes nie.

Daar was ten minste twee Catharina van Wyks in hierdie tyd aan die Kaap:
1) Hierdie Catharina, gedoop 1710, ouers Arie Roelofsz. van Wijk en Cornelia Helm
2) Catharina van Wijk, gedoop 1716, ouers van Arie Willems. van Wijk en Anthonetta Campher.

Kinders is nie meteen na hulle geboorte gedoop nie, maar etlike maande later (soms tot 'n jaar of paar). Dit beteken dat Catharina 1 tussen 16-19 jaar oud kon wees en Catharina 2 tussen 13-16 jaar oud.

Dit is waarskynlik dat dit die ouer Catharina is wat die kind gehad het, alhoewel 'n verkragting of bloot baie jong seksuele verhouding in die geval van Catharina 2 ook tot 'n baba kon gelei het.

Daar was geen getuies by die doop van Cornelis aanwesig nie, wat anders 'n goeie leidraad sou kon bied. Die feit dat beide Catharinas meestal buite Kaapstad gewoon het, help ook nie.

Daar is moontlik, dog onwaarskynliker, dat daar 'n derde, tot dusver ongedokumenteerde Catharina was.

'n Ander leidraad kan gevind word in testamente en boedelinventarisse.

Boedelinventarisse:
Catharina 2 is in 1746-1747 oorlede (boedelinventaris MOOC 8/6.114 van 19.01.1747). Daarin word slegs haar minderjarige seun Jochem Koekemoer genoem (saam haar man Diederik Koekemoer). As Cornelis hierdie Catharina se seun was, so hy hierin genoem het, aangesien hy nog minderjarig (jonger as 25 was). As hy egter reeds oorlede was, sou hy nie genoem gewees nie.

Catharina 1 se boedelinventaris kon ek nie opspoor nie.

'n Derde Catharina, gedoop 1735 aan die Paarl (ouers Roelof van Wijk X Aletta Bezuidenhout) word aangeneem as die vrou van Matthijs van As (hy *ca1700). Onderstaande testament is van hulle. Die paartjie het in 1763 'n dogter gehad, wat wel sin maak dat die vrou jonger was - die eerste twee Catharinas sou dan reeds in hul vyftigs gewees het.

Testamente
DEPOT KAB
SOURCE CJ
TYPE LEER
VOLUME_NO 2616
SYSTEM 01
REFERENCE 1
PART 1
DESCRIPTION VAN WYK, CATHARINA. TESTAMENT.
STARTING 17600000
ENDING 17600000


DEPOT KAB
SOURCE MOOC
TYPE LEER
VOLUME_NO 7/1/29
SYSTEM 01
REFERENCE 45
PART 1
DESCRIPTION VAN WIJK, CATHARINA. WIFE OF MATTHIJS VAN AS. WILL.
STARTING 17600000
ENDING 17600000
REMARKS FILED 1782.

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C9BY-S9MD-7?i=829&cat=64687

Events

BirthBef 20 Jul 1710Stellenbosch, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Baptism20 Jul 1710Stellenbosch, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Marriage20 Jun 1726Stellenbosch, Wes-Kaap, Suid-Afrika - Hendrik Lubbe b3

Families

SpouseHendrik Lubbe b3 ( - )
ChildSara Lubbe (1728 - )
ChildJacoba Lubbe ( - )
ChildAletta Lubbe (1731 - 1818)
ChildJohanna Maria Lubbe (1733 - )
ChildBarent Lubbe (1739 - )
ChildHester Lubbe (1739 - )
ChildAdriaan Lubbe (1742 - )
ChildHendrik Lubbe (1746 - )
SpouseMatthijs Gunter van Gerrolis (1700 - )
ChildCornelis NN. (1726 - )
FatherAdrian "Arij" van Wijk SV/PROG (1668 - 1713)
MotherCornelia Helm (1673 - 1720)
SiblingRoelof van Wyk (1694 - 1746)
SiblingAletta van Wijk (1696 - )
SiblingWillem van Wyk (1698 - )
SiblingSara van Wyk (1699 - )
SiblingAdrianus van Wijk (1701 - )
SiblingMaria van Wyk (1702 - 1744)
SiblingGerret van Wijk (1707 - 1713)
SiblingHester van Wyk (1712 - )

Notes

Endnotes