Individual Details

Johan Adam Enslin

(Bef 29 Jul 1729 - Bef 15 Jun 1801)

Johan Adam Enslin se ouers neem ek aan uit die volgende:

Saam met Johann Adam Enslin het in 1751 ook 'n Johann Martin Enslin, beide uit "Passinge" by die V.O.C. aangesluit. Dit is waarskynlik dat hulle broers was.

Ek het nog nie kon agterkom in watter oorspronklike bron Johan Adam Enslin se herkoms as Bopfingen word aangegee nie (ek vermoed sy testament, wat ek nog nie gesien het nie), maar dit maak dus sin om eerste daar te gaan kyk. (Ek het nog nie kon vasstel watter plek "Passinge" veronderstel is om te wees nie.)

In Bopfingen het Johann/Hanns Adam Enslin en Anna Barbara Offinger 'n aantal kinders gedoop, waaronder Johann Martin Ensslin (11.08.1719) en Hanss Adam Enslin (29.07.1729). Die dooprekords verwys telkens na die vader na óf Johann óf Hanns, wat wys dat "Hans" 'n afgekorte weergawe van "Johan" was in hierdie gebied in hierdie tyd. Ek glo dus dat die doopinskrywing vir Hanss Adam Ensslin op 29.07.1729 dié van Johann Adam Enslin is. Die 1729 datum pas ook by die 1729-datum wat W. Schmidt in sy "Der Kulturanteil der Deutschen am Aufbau des Burenvolkes" (1938) gee. Ek het hierdie boek nog nie onder oë kon kry nie, dus weet ek nie hoe Schmidt sy bewerings staaf nie.

Events

BirthBef 29 Jul 1729Oberdorf, Bopfingen, Germany
Christen29 Jul 1729
Emigration21 Oct 1751 - 16 Feb 1751Goeree-Overflakkee, Suid-Holland, Nederland
Military21 Oct 1751V.O.C. Soldaat - Goeree-Overflakkee, Suid-Holland, Nederland
Military17 Apr 1762Vryburger, Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Will19 Jun 1770
PropertyBef 1801Huis en erf genaamd "de Paarlse Welvaard", Paarl, Wes-Kaap, Suid-Afrika
DeathBef 15 Jun 1801

Families

SpouseMaria Magdalena Ackerman (1743 - 1799)
ChildJohan Martin Enslin (1763 - )
ChildHendrik August Enslin (1765 - )
ChildAletta Louisa Enslin (1767 - )
ChildGeorge Frederik Enslin (1770 - )
ChildJohan Adam Enslin (1772 - )
ChildMaria Magdalena Enslin (1776 - )
ChildChristoffel Bernhardus Enslin (1776 - 1857)
ChildJacob Adam Enslin (1778 - )
FatherJohann Adam Enslin (1686 - )
MotherAnna Barbara Offinger (1686 - )
SiblingAnna Maria Enslin (1702 - 1706)
SiblingJohann Thomas Enslin (1704 - )
SiblingAnna Maria Enslin (1706 - )
SiblingJohann Caspar Enslin (1710 - )
SiblingAnna Catharina Enslin (1717 - )
SiblingJohan Martin Enslin (1719 - 1758)
SiblingEva Enslin (1720 - 1806)
SiblingCatharina Barbara Enslin (1722 - )
SiblingWillem Friederich Enslin (1727 - )
SiblingEuphrosina Barbara Enslin (1730 - )
SiblingLudwig Adam Enslin (1766 - )

Notes

Endnotes